歌詞
Verdoof, vergiftig, verskoon my met 'n soen op die wang
Jy het 'n toekoms mooi beplan
Ek verkies nog steeds om in die Kaapstad se nag in te kruip
Kan ons daar ontmoet?
En die aarde kry
Om ons stuk vir stuk in te sluk
Haal asem, haal asem
En keer op keer moet ek wegkruip
Want die waarheid lê so dun, te jonk om te gaan slaap
Hoe kan jy jou oë toemaak?
Jou ma se poes
Kan ons daar ontmoet?
En die aarde kry
Om ons stuk vir stuk in te sluk
Haal asem, haal asem
Ek hoor jy sê so
Haal asem, haal asem
Ek moes verloor toe middelmatigheid nog genoeg was
Was dit nodig om van my 'n man te maak
My God, verlos my van dié vraag
Knyp die valsheid tussen jou twee vingers vas
Kan ons daar ontmoet?
En die aarde kry
Om ons stuk vir stuk in te sluk
En die vloer sal sink
Soos ons verdrink
Haal asem, haal asem
Ek hoor jy sê so
Haal asem, haal asem, haal asem
Ons het daar ontmoet
Met die aarde gekry
Om ons stuk vir stuk in te sluk
En die vloer gesink
Soos ons verdrink
Haal asem, haal asem
Ek hoor jy sê so
Haal asem, haal asem, haal asem
Written by: Francois Badenhorst, Wynand Johannes Myburgh