Lyrics

Kyk of jy vir my die son kan vang Daar's 'n kamer in die huis waar ons die son kan hang Dis donker by die venster in die middel van die dag Onthou jy hoe helder die kamer kon lag Kyk of jy vir my die son kan bring Daar's 'n liedjie in die gange wat die son kan sing Want dis stil in die hoeke, hierdie koue seisoen Kan jy sien wat die wind en die reën aan my doen S-o-nvanger Ek vra jou mooi, laat hom weer vir my kom skyn S-o-nvanger Laat my verstaan Hoe 'n somer sommerso in die niet kan verdwyn En laat hom skyn Kyk of jy vir my die son kan kry Daar's 'n huisie in my hart waar die son kan bly Kyk of jy vir my die son kan steel Daar's 'n plekkie in die tuin waar die son kan speel Mmmmm S-o-nvanger Ek vra jou mooi, laat hom weer vir my kom skyn S-o-nvanger Laat my verstaan Hoe 'n somer sommerso in die niet kan verdwyn En laat hom skyn Bring 'n bietjie lig vir die draaie op my pad En 'n handjievol strale vir die donker in my hart
Writer(s): Valiant Swart Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out