Lyrics

Sannie het gesukkel om 'n S te sê Want Sannie se ou tongetjie wou nooit reg lê Maar Sannie het besluit om 'n plan te maak Eendag loop sy hierdie lekker rympie raak En Sannie sê, Sannie sal sewe sakke sout eet Sommig sê Susannie leef swaar Sannie sê, Sannie sal sewe sakke sout eet Sewe sakke sout is swaar sowaar Sannie het geoefen en haar bes probeer En eendag slaan daar nog werklik 'n klankie deur Sy storm na haar mammie en die luister vies Want Sannie druk haar tongejie vas in haar kies En Sannie sê, Sannie sal sewe sakke sout eet Sommig sê Susannie leef swaar Sannie sê, Sannie sal sewe sakke sout eet Sewe sakke sout is swaar sowaar Juffrou het geweet wat die beste sou wees Om spraak lesse te neem sou die kwaal genees Gou het sy geleer om soos 'n slang te maak Maar iewers het haar tongetjie weer vasgehak En Sannie sê, Sannie sal sewe sakke sout eet Sommig sê Susannie leef swaar Sannie sê, Sannie sal sewe sakke sout eet Sewe sakke sout is swaar sowaar Sannie is nou groot, het 'n kêrel gekry Sannie het gewoeker met die soenery Die rieke is bloed of is dit dalk soet Vir Sannie was die liefde net die regte terapie En Sannie sê, Sannie sal sewe sakke sout eet Sommig sê Susannie leef swaar Sannie sê, Sannie sal sewe sakke sout eet Sewe sakke sout is swaar sowaar Sannie is getroud en voel in haar skik Drie kinders is gebore uit die huwelik Maar toe die kinders praat was haar hart so seer Oor en oor moes sy die rympie leer Want Sarel sê, Sarel sal sewe sakke sout eet Boesak sê, boesak sal sewe sakke sout eet Stefan sê, Stefan sal sewe sakke sout eet Die hele dag lank hoor sy S S
Writer(s): Lennox Ruben Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out