Music Video

Music Video

Credits

PERFORMING ARTISTS
Theuns Jordaan
Theuns Jordaan
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Theuns Jordaan
Theuns Jordaan
Songwriter

Lyrics

[Verse 1]
Uit die bloute staan jy voor my, loop lyne deur my jare
Aan my oor se trane klou jy soos nektar van my are
Deur my vingerpunte swem jy in die warm van my snare
Tot die spore van my voete maak jy my deur die blare
[Verse 2]
As jy wegbly
Weg bly van my
Laat my vry
As jy terugkom
Kom net gou
Kom sommer nou
[Chorus]
Ek sal jou weg dra as jy vra
Sal jy my optel, sal jy my dra?
Sal jy my wegsteek as ek jou kom vra?
Sal jy my kan wegvat as ek vra?
[Verse 3]
Deur gate word gisters, gooi uurglas sand op was
Oor strande van ons môres vreet branders aan ons tyd
Met die smaak van wêreldroem wat jy jou eie wou noem
Was die waarheid wat jy soek in 'n verdraaide sprokiesboek
[Verse 4]
As jy wegbly
Uit plekke waar ek jou altyd kry
Waar is jy?
As jy terug kom
En vure in my hart weer laat brand
Vat my hand
[Chorus]
Ek sal jou weg dra as jy vra
Sal jy my optel, sal jy my dra?
Sal jy my wegsteek as ek jou kom vra?
Sal jy my kan wegvat as ek vra?
[Verse 5]
As jy wegbly
Die skadu kant in my wil vermy
Laat my vry
As jy terug kom
Op 'n kruispad in my hart wil kom bly
Laat my vry
[Chorus]
Ek sal jou weg dra as jy vra
Sal jy my optel, sal jy my dra?
Sal jy my wegsteek as ek jou kom vra?
Sal jy my kan wegvat as ek vra?
[Chorus]
Ek sal jou weg dra as jy vra
Weg van die woorde, weg van die vrae
Sal jy my wegsteek as ek jou kom vra?
Sal jy my wegvat as ek vra?
Written by: Theuns Jordaan
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...