Dari
PERFORMING ARTISTS
Twee
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Twee
Songwriter
Lirik
Ek kruip weg in hierdie woonbuurt en niemand ken my nie
Tog kyk almal, oor die muur, om in die agterplaas in te sien
Wat as hierdie drome waar word en 'n glas word tussen ons geplaas?
Ek wonder of jy dit ooit sal besef
Waar gaan hierdie drome van my heen?
Ek sukkel om te sien, dalk is ons tyd regtig geleen
Dag-lig kind ek skree jou naam
Soos ek sink in hierdie oseaan
Sal jy tog net jou verskyning maak
My voete trap en daar is niks
En die Here weet ek gaan verdrink
Sal jy dalk kan kom om my te haal?
Ek kruip weg in hierdie woonbuurt en niemand ken my nie
Tog kyk almal, oor die muur, om in die agterplaas in te sien
Wat as hierdie drome waar word en 'n glas word tussen ons geplaas?
Ek wonder of jy dit ooit sal besef
Waar gaan hierdie drome van my heen?
Ek sukkel om te sien dalk is ons tyd regtig geleen
Dag-lig kind ek skree jou naam
Soos ek sink in hierdie oseaan
Sal jy tog net jou verskyning maak?
My voete trap en daar is niks
En die Here weet ek gaan verdrink
Sal jy dalk kan kom om my te haal?
My voete trap en daar is niks
En die Here weet ek gaan verdrink
Sal jy dalk kan kom om my te haal?
Written by: Twee