Lirik

Ek sal nou alles, alles kan gee Vir skadu onder die Perske Boom, 'N Piekniek vir twee. Hoe lyk jou middag En waar wil jy wees? Vertel van jou oorwinnings Ek ken al die vrees. Ons sal mos altyd weet Of jy nou onthou of vergeet. Maar iewers sal die antwoord lê Of so het jy gesê. Ek dink ons moet plaas toe gaan Al stof in jou hare en sweet op jou wang Ek sweer ek is lief vir jou. En ek reken jy weet Ek verlang net so bietjie na alles van ons twee. En ons sal mos altyd weet Of jy nou onthou of vergeet. Maar iewers sal die antwoord lê Of so het jy gesê. Onthou jy daai oggend met die donderweer? Jy't vasgeklou aan my lyf Ons was toe een. Jou glimlag red lewens Wel, myne beslis. Ek wens ek kon verduidelik hoe baie ek jou mis. En ons sal mos altyd weet Of jy nou onthou of vergeet. Maar iewers sal die antwoord lê Of so het jy gesê. So het jy gesê. Ek sal nou alles, alles kan gee Vir skadu onder die Perske Boom 'N Piekniek vir twee.
Writer(s): Kleinhans Herman Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out