歌詞

Met ons rûe op die teer In die middel van die hoofstraat Van so klein dorpie Sou ons die wêreld kon uitdaag As jy na my luister Die iemand daar buite Wat my binneste kon hoor Jy luister ou musiek Op stowwerige plate Met daai rooi lipstiffie Wat jou skoonheid uitblaker Grimering net genoeg Om jou onskuld te verbloem Jy't 'n rede uitgedink Vir elke dingetjie wat jy doen Ek kan nie onthou Hoekom ek jou Vergeet het nie Ek weet net nie Miskien was ek bang Miskien was ek blind Ek weet net nie Ek weet net nie As ek terug kon keer Net een middag op jou sypaadjie Jou briewe weer lees En die leidrade raaksien As jy my afsien en wag om te kyk Of ek nog een keer na jou toe draai Jy lees bundels vol van protespoësie En skryf aanhalings neer op lyntjiespapier Jy teken sketse van ons helde Ons weet - ons is dieselfde As ons mekaar in stilte verstaan Ek kan nie onthou Hoekom ek jou Vergeet het nie Ek weet net nie Miskien was ek bang Miskien was ek blind Ek weet net nie Ek weet net nie Ek kan nie onthou Hoekom ek jou Vergeet het nie Ek weet net nie Miskien was ek bang Miskien was ek blind Ek weet net nie Ek weet net nie
Writer(s): Meiring Deon Strikdas Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out