歌詞

Ek is moontlik uitgedoof Maar ek is lankal nie meer blind nie Hierdie voete sal iets vind Al het ek min om op te staan Dit is koud kom kyk na my asem Rookseine dat ek bestaan Daar is iemand in hierdie liggaam Wat sal mens daarmee maak? Daar is ligte wat dreun oor die hoofpad Almal êrens om te gaan In die donker op soek na 'n rigting Ten minste tot waar die strale sal val Ek is moontlik uitgedoof Maar ek is lankal nie meer blind nie Hierdie voete sal iets vind Al het ek min om op te staan In 'n stad saamgestel uit fragmente Word ek so klein soos 'n atoom Met jou sintuie op my polse Kan jy hoor hoe klink my bloed Lees my leidrade agter my krake Buitelyne teen die skemeraand Tussen bome duiwe figure Voetganger verbyganger tog iemand Ek is moontlik uitgedoof Maar ek is lankal nie meer blind nie Hierdie voete sal iets vind Al het ek min om op te staan Ek is moontlik uitgedoof Maar ek is lankal nie meer blind nie Hierdie voete sal iets vind Al het ek min om op te staan
Writer(s): Meiring Deon Strikdas Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out