가사

Ons het die Drakensberge moeggeloop Al wat ek proe is Tant' Hessie se koeksisters en stroop Die helling hier voor my lyk nes 'n draak se rug Ons is klaar te ver, ons kan nie meer hier terug. En ons gaan kaalvoet oor die draak se rug, Ons sal kaalvoet vir die kakis vlug. Elke tree wat ons gee is die vaderland in sig. Kaalvoet oor die draak se rug. Ons sal kaalvoet oor die draak se rug. "My voete is seer" hoer ek die mense kla. Geloof in 'n Mekka is al wat hom dra. Is dit te veel om vir Boere troos te vra? Net 'n slukkie Mampoer om die pyn te verdra. En ons gaan kaalvoet oor die draak se rug. Ons sal kaalvoet vir die kakis vlug. En elke tree wat ons gee is die vaderland in sig. Kaalvoet oor die draak se rug. Ons sal kaalvoet oor die draak se rug. En ons gaan kaalvoet oor die draak se rug, Ons sal kaalvoet vir die kakis vlug. En elke tree wat ek gee is die vaderland in sig. Kaalvoet oor die draak se rug. Ons sal kaalvoet vir die kakis vlug.
Writer(s): Christoph Kotze Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out