Lyrics

Onder die grond tussen die vloerplanke In die skadu op 'n nou hout bank Sit hy doodstil met 'n pruik Dik grimering Met sy vrou se lyk Hy sit en tuur in die donker duister Wel wetend dat daar buite is 'n wêreld Wat wink En dit klop Bly te kenne ons is niemand nuuts So gebore en so laat staan Tussen die krake van niks vergaan Lyk my die wêreld het ons verby gegaan Bly te kenne ons is niemand nuuts So gebore en so laat staan Siggaret in die hand wat nooit uitbrand Dieselfde grappe wat ons oor, en oor, en oor vertel Dis altyd 'n klipgooi van jou ouerhuis Af in die stofpad in die nag is jy tuis Onder die grond tussen die vloerplanke In die skadu 'n geheime paradys Altyd voorsienings wat kom en gaan Die stede skitter maar die wêreld vergaan So hou hy styf vas aan ou gebeure Aan reukkesteme Soos sy hande bewe Bly te kenne ons is niemand nuuts Ons so gebore en so laat staan Tussen die krake van niks vergaan Lyk my die wêreld vlieg ons verby Bly te kenne ons is niemand nuuts Ons gebore en so laat staan Siggaret in die hand wat nooit uitbrand Dieselfde grappe wat ons oor, en oor, en oor vertel Onder die grond tussen die vloerplanke In die skadu op 'n ou hout bank Sit hy doodstil met'n pruik Dik grimering Met sy vrou se lyk Oom laat die traantjies maar rol
Writer(s): Arno Carstens Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out