Music Video

'n Lied Vir Jou
Watch {trackName} music video by {artistName}

Credits

PERFORMING ARTISTS
Jannie du Toit
Jannie du Toit
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Jannie du Toit
Jannie du Toit
Songwriter

Lyrics

Ek dink vanaand aan jou, en aan die Wildekus se golwe Ek dink vanaand aan jou, en aan die eindelose strand Ek dink aan rotskastele, watervalle na benede En beestepadjies sukkel oor die rand En ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing Ek weet dat jy die woorde sal verstaan Ja, ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing En ek weet dit sou weer 'n vonkel in jou oë bring Ek dink vanaand aan jou, en aan die Visriviervallei Ek dink vanaand aan jou, en aan sy kronkel kronkel kronkel Ek dink aan stroomversnellings, aan die koue winternagte En kampvuuraande op die goudgeel sand En ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing Ek weet dat jy die woorde sou verstaan Ja, ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing En ek weet dit sou weer 'n vonkel in jou oë bring Ek dink vanaand aan jou, en aan die blou blou Kaapse berge 'N Sprokiesland in bleekwit op 'n helder sterligaand Ek dink aan waterpoele, wit proteas teen die hange Maar somtyds vir 'n oomblik Net aan jou En ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing Ek weet dat jy die woorde sou verstaan Ja, ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing En ek weet dit sou weer 'n vonkel in jou oë bring
Writer(s): Jannie Du-toit Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out