Lyrics

Die stof van 'n ster wat verskiet Het kom lê op my skouers Ek voel nog steeds jou lig Soos die winter se koue Jou lyne span oor my Soos die sterre se beelde En ek moet my verlange aan jou bely Soos 'n gebed vir genesing Want ek's my lewe lank 'n Grensbewoner Tussen die hemel en Die doodgewone Hunker ek terug Na 'n plek waarheen Ek kon ontvlug Gestrand tussen gister En die geheime wat voorlê Die landskap van teer en beton Laat my voel soos 'n vreemde Die wolke in die lug Soos 'n huiwerbelofte Die heimwee trek deur my Soos die see se getye En amper elke dag Soek ek na 'n spoor Wat my huis toe sal lei Want ek's my lewe lank 'n Grensbewoner Tussen die hemel en Die doodgewone Hunker ek terug Na 'n plek waarheen Ek kon ontvlug Gestrand tussen gister En die geheime wat voorlê
Writer(s): Johan Deon Meiring Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out