Lyrics

Verlate vlakte Warm woestyn Waar die sonde skyn En die honde baklei Ek staan by die vuur En praat met die vlamme Bely my sondes aan die sterre En die hemelruim Voor ek in my kis klim Voor ek rus By wie gaan ek spook? En wie gaan my mis Tussen die pieke En die diep blou see Het ek genoeg gedoen? Genoeg gegee? Praat vol sinne Maar wat wil jy sê as jy sê wat jy voel en jy sê wat jy moet? Is dit ooit genoeg op die oordeelsdag? Nou's dit middernag Die lig skyn buite jou deur Gooi jou hande in die lig en Skree! Skree! Die lig skyn buite jou deur Gooi jou hande in die lig en Skree! Skree! Skree Skree Lewende waters Verlos my pyn Die siektes genees Die twyfel verdwyn Voor ek koebaai sê Voor ek lê Gee my net n kans Om vir oulaas iets te sê Het ek die deur vir jou gehou? Myself oopgemaak En jou vertrou? Praat vol sinne Maar wat wil jy sê as jy sê wat jy voel en jy sê wat jy moet? Is dit ooit genoeg op die oordeelsdag? Nou's dit middernag Die lig skyn buite jou deur Gooi jou hande in die lig en Skree! Skree! Die lig skyn buite jou deur Gooi jou hande in die lig en Skree! Skree! Skree Skree Die lig skyn buite jou deur Gooi jou hande in die lig en Skree! Skree! Die lig skyn buite jou deur Gooi jou hande in die lig en Skree! Skree! Skree Skree Skree
Writer(s): Hunter Kennedy Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out