Lyrics

Ons kom al n lang pad Ons ken mekaar goed Mense sê water is dunner as bloed Maar ek en jy weet dat die tyd ons net leer Dat vriendskap se water ons vlerke kan gee Die lewe gee klappe maar saam klap ons terug Jy leen op my skouer, ek staan op jou brug Jy wys my die sonskyn as ek my vreugde verloor Ek speel vir jou n liedjie dan sing ons saam met die koor Want die mense sê water is dunner as bloed Maar jy is my rots in die wêreld se vloed En ek maak jou kalm as iets binne jou woed So ons weet dat water is soms dikker as bloed Ek is lief vir jou kinders en jy ook vir myne Ek's bly as jy bly is en jy ken ook my pyne Saam maak ons planne, soms luister jy net En laat om n kampvuur sal ons die wêreld kan red Want die mense se water is dunner as bloed Maar jy is my rots in die wêreld se vloed En ek maak jou kalm as iets binne jou woed So ons weet dat water is soms dikker as bloed Want as ek moeg is dan dra jy my As ek ver is kom haal jy my As ek hier is dan sê jy my die lewe is okay Want as ek moeg is dan dra jy my As ek ver is kom haal jy my As ek hier is dan sê jy my die lewe is okay Ons kom al n lang pad Ons ken mekaar goed Ek deel my probleme ons gee mekaar weer moed Jy troos my as ek huil en ek koop vir jou n bier En as die springbokke wen dan sal ons dit vier Want die mense sê water is dunner as bloed Maar jy is my rots in die wêreld se vloed En ek maak jou kalm as iets binne jou woed So ons weet dat water is soms dikker as bloed Ons weet dat water is soms dikker as bloed
Writer(s): Jak De Priester Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out