Lyrics

My kiekies is verwysings, my lewensinventaris, Die ensiklopedie van my bestaan. My kiekies is bewyse Vir die feit dat ek ook daar was. 'N Prentjiekommentaar wat my beaam. Daar's komedie in my kiekies, 'N skaterlag, 'n traan, Deur die afstand tussen destyds en vanaand. Daar is ritme in my kiekies, 'N Patroon wat hom herhaal, in die kom en gaan en wegbly, van gesigte. Ek verdwaal deesdae so dikwels, in die blaaie van my boek, Soek die sleutel van my hart onder die stof. In my Pelgrimstog na gister, blaai my wisselstroom gemoed, Deur die ou bekende name in my boek. Hmmm hmmm hmmm hmmm hmmm ... My kiekies bring vertroosting, as die toekoms my kom soek In my halfgeboude droomkasteel vanaand. Daar's net een probleem met kiekies En die gom van plat driehoekies. Want die gapings tussen kiekies, maak my bang.
Writer(s): Lucas Lodewyk Maree Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out