album cover
Feesvierjare
album cover
Feesvierjare was released on August 26, 2022 by Select Musiek as a part of the album Sing Hoop Weerklink
August 26, 2022
LabelSelect Musiek
BPM115
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy

Lyrics

As ek Saterdag vroeg middag op my stoep sit
Dan wonder ek waar is die tyd dan heen
En ek onthou die goue jare in die neëntigs
Middel tweeduisend en sewe rugby-koors
En ek dink terug aan skemer-aande kampvure musiek
Braai en feesvierjare, Pienaar, Bladen en Steve
Ek dink terug aan al die helde, die met toks die met kitaar
Daar was liefde daar was lied, daar was lewe
En Theuns was nog hier
Ons bring dit terug, die feesvierjare
Ons bring dit terug, die samesyn die skare
Ons roep die mense, ons lag weer saam
Ons luister na die stories wat ons mens maak
Kom ons beleef, kom ons beleef nog ʼn feesvierjaar
Ons sou opstaan opgewonde vir die opslaan
Stalletjies verhoë toets een twee drie
Ek onthou Drie Pikkewyne, Waar Lê Jy Vanaand
Liefling, De La Rey, Soos Bloed, Hak Hom Blokkies
En ek dink terug aan skemer-aand kampvure musiek
Daar was lewe daar was gees, daar was rugby dit was fees
Ons bring dit terug, die feesvierjare
Ons bring dit terug, die samesyn die skare
Ons roep die mense, ons lag weer saam
Ons luister na die stories wat ons mens maak
Kom ons beleef, kom ons beleef nog ʼn feesvierjaar
Okay for real kon ek self nie rugby speel
Maar ek het saam gesing by elke braai
Ek het saam gejuig na elke try
Ek bel ook nou en dan my pa en dan herleef ons 95
Het jaar na jaar in bussies rond gerits, op airports babalas gesit
Kitaar gespeel gesing, vreugde na die mense gebring
En nou sê mense rugby is gevrek
Dis mense wat die vure maak en mense laat dit lekker brand
So pak jou cooler bring jou stoel, kom laat ons lekker voel
Rugby is mense ons is fees
Skares, pom-poms, goud en groen, asem op mik pale toe
Joost se paas, skop hom oor, twenty twenty three lê voor
Kan jy hoor, alles oor, bring jou hart, gee jou als
Touch pause hak, Shuwie, Ja!
Ons bring dit terug, die feesvierjare
Ons bring dit terug, die samesyn die skare
Ons roep die mense, ons lag weer saam
Ons luister na die stories wat ons mens maak
Kom ons beleef, kom ons beleef nog ʼn feesvierjaar
Kom ons beleef, kom ons beleef nog ʼn feesvierjaar
Written by: Jan-Adriaan Van Rooyen
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...