album cover
Water
album cover
Water was released on June 7, 2024 by Spoegwolf (Pty) Ltd. as a part of the album Berge
AlbumBerge
June 7, 2024
LabelSpoegwolf (Pty) Ltd.
BPM82
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy

Lyrics

[Verse 1]
Sal jy aan my hou, oh
As die water oral is?
As ons na die see toe stroom?
Ek sal al ons toekomsdrome in 'n houtkis bring
Ek kan niks belowe weer nie
Maar ek kan sing
Oh-oh-oh
[Verse 2]
Het jy baie verloor?
Het jy baie van my donker goed gehoor?
Oh-oh, ooh
[Verse 3]
Sal jy van jou hou?
As ons lewens skemer word
As ons bo die water is
Ek sal al die liggies op die kus vir jou ontblou
Ek kan niks belowe weer nie
Maar ek kan sing
Oh-oh-oh
[Verse 4]
Het jy baie verloor?
Het jy baie van my donker goed gehoor?
Oh-oh, ooh
[Verse 5]
Saam geanker in die stroom, is ek jou boei of is jy myne?
Deur die branderwasmasjien sien ek my hoop dob op die deinings
Maar die strand lyk al hoe kleiner as die kuslyn ook verdwyn het
Voor die sout, pyn en die sonsteek en die roes my laat verkwyn het
Bly by my, net
Tot die ligtoring in sig is
Tot die skipbreuk aan ons rug is
En jou life-jacket lig is
Stay the course —
Laat die dors jou gedig is
Tot die vuur in jou bors
Daardie source in jou terug is
[Verse 6]
Saam geanker in 'n droom sal jy my kry daar by die duine?
Ons kan wag vir die gety om terug te spoel tot by die Tuine
Written by: Albertus van der Merwe, Daniël du Toit
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...