Music Video

Bittereinder - DIE DINKDANSMASJIEN (OFFICIAL HD)
Watch {trackName} music video by {artistName}

Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Bittereinder
Bittereinder
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Jaco Van Der Merwe
Jaco Van Der Merwe
Composer
Peach van Pletzen
Peach van Pletzen
Composer
Louis Minnaar
Louis Minnaar
Composer

Lyrics

Sluk ek al die bitter in 'n bitsige ontwikkeling Wat sukkel om die vinger in my gesig te verklaar Ek wil myself verdedig teen die stewige beledigings en Deeglik nou die bewings van die storm laat bedaar, maar Steek ek self 'n vinger uit, wys dit altyd terug na my, Dis eintlik net myself met wie ek eindeloos baklei Vyf vingers in 'n vuis, ek hou daai stry nou stywer as 'n Minnaar teen 'n lyf, my lewe soos 'n eenbedryf So kort soos een asem, die tydmors is waansin, Dis verbasend hoe vinnig ek kan gaan van nul tot rasend Vat dit als persoonlik en ek bogger elke oomblik op Want moontlik is die woorde selfs nog groter as my kop Pop soos 'n ballon, skop vas teen die grond Hip-hop is in my mond, stop vir 'n sekond... Pop soos 'n ballon, skop vas teen die grond Hip-hop is in my mond, stop vir 'n sekond... Die pols kom nog duidelik, flippin onvermydelik, En ek sê vir niemand jammer vir die Woord wat in my is Ek rap vir die eer van eerlik wees, Elke lyn soos die pyn van 'n geweer teen jou neus Ek weet dis als te hectic, maar ek skryf wat ek sien, Bittereinder vat jou orals soos 'n dink-en-dans-masjien So spring met jou brein, Sing die refrein, drink en verdwyn, dink oor jou pyn, Blink in die sonskyn, Bring jou eie wyn, piekniek in jou tuin, sink, dis verby Pop soos 'n ballon, skop vas teen die grond Hip-hop is in my mond, stop vir 'n sekond... Pop soos 'n ballon, skop vas teen die grond Hip-hop is in my mond, stop vir 'n sekond... Dink! dans! dink! dans! dink! dans! Vergeet maar van balans! Dink! dans! dink! dans! dink! dans! Dis veels te Afrikaans! Rap-en-rol nou pappie want dis diep-hop hierdie, 'N knie-skop liedjie, kyk jy wieg tog 'n bietjie Dis nie dubstep nie, maar mens kan dans op 'n flikkerlig Nie deel van 'n trend nie nou's die tieners maar skrikkerig Maar ons brand met 'n lig wat vir eeue al skyn En ons weet jy gaan ons nooi vir daai piekniek in jou tuin Vra vir Arcade Fire: "oh, we used to wait... "Nou skree my stem die hardste: "sing weer die refrein!" Hou op om ons te verveel, Speel daai ander deel weer, Ek's lus vir saamskree, o, maak tog my keel seer Speel hom meer as twee keer, 'Seblief 'seblief meneer, weer, weer, weer, weer, weer, weer, weer! Dink! dans! dink! dans! dink! dans! Vergeet maar van balans! Dink! dans! dink! dans! dink! dans! Dis veels te Afrikaans! So vorm jou opinies en deel dit tog met ons, man Ons skryf vir al die tannies voor die kassie en die jongspan Oupas wat ons taal praat, tieners met 'n ruggraat Die sieners in die suburbs en die sinieses wat ons haat (Die sinieses wat ons haat) (Die sinieses wat ons haat) (Die sinieses wat ons haat) (Dis veels te Afrikaans) (Dis veels te Afrikaans) (Dis veels te Afrikaans) Dink! dans! dink! dans! dink! dans! Vergeet maar van balans! Dink! dans! dink! dans! dink! dans! Dis veels te Afrikaans! (Dis veels te Afrikaans)
Writer(s): Jaco Van Der Merwe, Peach Van Pletzen, Louis Minnaar Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out