album cover
Flikker
album cover
Flikker was released on May 31, 2017 by Independent as a part of the album Die Donker Toring
May 31, 2017
LabelIndependent
BPM
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy

Lyrics

[Verse 1]
Jy flikker uit die niet
Aan die kringe om my oë
As jy aan my koek
Om die donker se oor
Het die Here ons gehoor?
Het die Here ons gehoor?
[Verse 2]
Jy kom van my sy
Uit die vonk van die pyn
As die heelal wou skiet
Is ons al gebind
Sal die Here my kan vind
As jy my kon vind?
[PreChorus]
Hoeveel ek jou voel in my
Hoog, dalk nog hoër
As Botswana se bome toe jy
My onder die gras nog kon kry
[Chorus]
Sit jou bene in die lug
Kyk hoe diep hang die nag
Jy gaan dieper in my hart
[Verse 3]
Die car guard gisteraand
Het 'n aanval gekry
As ek als wat ek het
Vir sy kinders kon gee
Sou ek nog in jou kamer kon bly?
Is daar plek op jou kussing vir my?
[PreChorus]
Hoeveel ek jou voel in my
Hoog, dalk nog hoër
As die mense wat bo hom net kyk
As die dood soos ’n hond aan hom ruik
[Chorus]
Sit jou bene in die lug
Kyk hoe diep hang die nag
Jy gaan dieper in my hart
Sit jou bene in die lug
Kyk hoe diep hang die nag
Jy gaan dieper in my hart
Written by: Albertus Jakobus Wilhelmus van der Merwe, Christiaan Lodewyk von Wielligh, Daniel Stephanus Rudolph Du Toit, Johan Moskou du Toit
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...