Lyrics

ELEKTRIESE KIND elektriese kind, ek is brawer as wat jy dink ek het dan saam my broers geloop tot by die verste verste punt dit was baie naby aan jou oh die winde kan my waai hel ek sweer ek sal hier lê geen watertong sal my kan sluk nie geen wederkoms kan my ruk nie nie as jy langs my sit nie sit jy net daai vinger elke nou en dan op my voorkop jy kan die kersfeesliggies deur my oë klop, my oė klop ja, jy kan my lewendig skok elektriese kind, ja vir jou is ek nie bang nie hierdie bibber hou nie lank nie dis net die hakkel in my long dit mag dalk lyk asof ek snik wel ek verseker jou dis nie dit nie, dis nie dit nie sit jy net daai vinger elke nou en dan op my voorkop jy kan die kersfeesliggies deur my oë klop, my oë klop ja, jy kan my lewendig skok jou kop wil op my bors dis 'n dodelike om jou kop op my bors dis 'n dodelike om jou kop op my bors dis 'n dodelike om jou kop op my bors dis 'n dodelike kom!
Writer(s): Moskou Toit Johan Du, Stephanus Toit Daniel Du, Wielligh Von Chris, Albert Der Merwe Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out