Music Video
Music Video
Credits
PERFORMING ARTISTS
Robbie Wessels
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Robbie Wessels
Songwriter
Lyrics
Toe jy een keer lank terug die liefde deel
Het jou hart jou pad gelei
Jy het risks gevat en sommer kilometers
Met jou bicycle gery
En vir haar gaan kuier op die verste punt
Ja, die son was die limiet
Maar toe dit hartseer eindig en jou hart gebreek word
Het 'n ster een aand verskiet
En 'n meteoriet uit soliede klip
Het die aardbol raak geslaan
Op die suidste punt van die land se kaart
Een windstil volmaanaand
En 'n reisiger met sy backpack aan
Het op sy fiets daarlangs gery
Verby Kaap Agulhas op die Struisbaaipad
By 'n ligtoring verby
En op die suidste punt van die land se kaart
'n Noodkreet uitgestuur
As my hart so hard soos meteoriet raak
Kom smelt die klip met vuur
Kom bring die water
Kom bring die sand
My hart is moeg
En aan die brand
Kom sing mooi woorde
Kom vat my hand
Jou liefde streel
En steel my hart
As die liefde weer kom en jou hart kom steel
En jy weer die pad wil vat
Om vir haar te kuier op jou bicycle
Op 'n dorpie of 'n stad
Gaan maak 'n draai by die suidste punt
Van die land se kaart op pad
En as die klip gesmelt het waar die meteoriet was
Gaan grawe op jou skat
Kom bring die water
Kom bring die sand
My hart is moeg
En aan die brand
Kom sing mooi woorde
Kom vat my hand
Jou liefde streel
En steel my hart
Written by: Robbie Wessels


