album cover
Molberge
434
Singer/Songwriter
Molberge was released on September 24, 2019 by THEUNS JORDAAN PRODUCTIONS CC as a part of the album Kouevuur: Die musiek van Koos du Plessis
album cover
Release DateSeptember 24, 2019
LabelTHEUNS JORDAAN PRODUCTIONS CC
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy
BPM103

Music Video

Music Video

Credits

PERFORMING ARTISTS
Theuns Jordaan
Theuns Jordaan
Lead Vocals
Karla Du Plessis
Karla Du Plessis
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Koos Du Plessis
Koos Du Plessis
Songwriter

Lyrics

[Verse 1]
Jou naam besing verlore ou fonteine
En tower beelde van oases langs die pad
Maar ver al wys die torings van die myne
Jou skoonheid lê veel dieper in die hart
[Chorus]
En ek onthou
Op 'n manier was daar met net dieselfde vrede
Die neig mos om te woon net waar hy wil
En daal ek af in skagte na benede, die verlede
Word die rammelende ratte langsaam stil
[Verse 2]
En die dreuning in jou buik skud snags die mure
En bring flitse van blou blitse in 'n skag
Waar mans soos molle, in diepdroomure
Goud breek uit die brandkluis van die nag
[Chorus]
En ek onthou
Ek onthou nog soms die misreën in Augustus
Uit die newelige berge van die mol
Die gelatenheid van mense wat gerus is
Maar bewus is, hierlangs is die wêreld halfpad hol
[Verse 3]
Daar was legendes van die vreemdste avonture
Diep-diep in die mensgemaakte berg
En saans in grotte om die bendevure
Het die ligspel teen grou wande als verdwerg
[Chorus]
En ek onthou
Daar was 'n huis met 'n kombuis en greinhouttafel
En ses mense het gedeel in lief en leed
En mettertyd het alles uitgerafel
Maar wat die leed was, het ek jare terug vergeet
[Chorus]
Maar ek onthou en delf nog goud uit die verlede
Uit die newelige berge van die mol
En droom en bou, al vreet die vrees my vrede
En al is my eie wêreld halfpad hol
[Verse 4]
En droom en bou, al vreet die vrees die vrede
Want die wêreld is maar oral halfpad hol
En ek onthou
Written by: Koos Du Plessis
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...