Music Video

Music Video

Credits

PERFORMING ARTISTS
Retief Burger
Retief Burger
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Retief Burger
Retief Burger
Songwriter
Isabel Burger
Isabel Burger
Songwriter

Lyrics

[Verse 1]
In die middel van die storm sal ek op U bly vertrou
In die middel van die storm sal ek my oë op U hou
Spreek net een woord
En die storm sal stil word
[Verse 2]
In die middel van die storm staan ek met hande omhoog
In die middel van die storm staan ek vas in geloof
Spreek net een woord
En die storm sal stil word
[Chorus]
Al slaan die golwe en die branders breek
Al woed die wind en dreig die vrees
Glo ek U regeer, glo ek U is hier
In die middel van die storm
[Verse 3]
In die middel van die storm sal ek U getrouheid onthou
In die middel van die storm sal ek U almag aanskou
Want U is steeds goed
En elke storm sal stil word
[Chorus]
Al slaan die golwe en die branders breek
Al woed die wind en dreig die vrees
Glo ek U Regeer, glo ek U is hier
In die middel van die storm
[Verse 4]
Al skree die twyfel, is Hy regtig daar?
Al val my hele lewe uitmekaar
Weet ek U regeer, weet ek U is hier
In die middel van die storm
[Bridge]
Waar U is, is daar rus
Selfs hier in die storm
Ek sal bly glo, ek sal bly sing
Net hier in die storm
[Bridge]
Waar U is, is daar rus
Selfs hier in die storm
Ek sal bly glo, ek sal bly sing
Net hier in die storm
[Chorus]
Al slaan die golwe en die branders breek
Al woed die wind en dreig die vrees
Glo ek U Regeer, glo ek U is hier
In die middel van die storm
[Verse 5]
Al skree die twyfe, is Hy regtig daar?
Al val my hele lewe uitmekaar
Weet ek U regeer, weet ek U is hier
In die middel van die storm
In die middel van die storm
In die middel van die storm
Written by: Isabel Burger, Retief Burger
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...