Lyrics

Hy wat in die skadu van die Allerhoogste sit In die geheime plek Sal vir God kan se: U is my bergvesting My toevlug op wie ek vertrou Want U, U sal my kom haal Uit diepste donker plekke waar ek Omring word deur die doodsgevaar, ja U Vlerke vou my toe Onder U troue vleuels vind ek my skuiling U vere is my skild, my bevryding Ek sal nie bang wees nie Vir die onheil in die nag Of verwoesting in die dag Ek sal nie bang wees nie Al val 'n duisend aan my sy Of tienduisend hier langs my Ek sal nie bang wees nie En hier kruip ek weg In die hoogtes by die Hoogste Alles veilig in U hand Buite die bereik van die vyand en sy magte Omring deur engele aan elke kant Want U, U laat my dra Veilig oor alles wat verskeur, vergiftig U vergruis elke aanval wat op my gerig is Ek sal nie bang wees nie Vir die onheil in die nag Of verwoesting in die dag Ek sal nie bang wees nie Al val 'n duisend aan my sy Of tienduisend hier langs my Ek sal nie bang wees nie U sal my red omdat U weet hoeveel ek U liefhet Omdat ek in alles op U vertrou sal U my veilig in die hoogtes hou En wanneer ek weer die pad verloor sal U elke keer my noodkreet hoor My verwoesting sal U elke keer keer En vir altyd my met U redding eer Ek sal nie bang wees nie Vir die onheil in die nag Of verwoesting in die dag Ek sal nie bang wees nie Al val 'n duisend aan my sy Of tienduisend hier langs my Ek sal nie bang wees nie
Writer(s): Niemand Joe Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out