Music Video

Featured In

Credits

COMPOSITION & LYRICS
Robbie Wessels
Robbie Wessels
Songwriter

Lyrics

Die boer grou vir sy aartappels naby aan die grond Die veearts sien noodsaaklikheid van lewe by 'n hond Die myner weet hoe naby aan sy skepper hy wil leef Want so maklik loop ietsie dalk skeef Die digter draai die krane van haar hart se kamers oop As sy die ou tannie gewaar wat in eensaamheid daar loop Die doktor by die spreekkamer kan baie duidelik sien Daar's seer kom laat ek jou bedien Dis nie kennis wat jy kan kry in 'n boek nie Dis nie data wat jy jare lank voor swot Dis die reëls van die natuur opgeskrywe teen die muur Van elke hart wat daarin glo en dit wil vat As jy sing kan ek glo Daar's iemand daarbo As jy sing kan ek glo Daar's iemand daarbo Die woorde staan geskrywe in hoofletters teen die muur Wie ook al dit uitlê is geseënd en opgestuur Doop my met die water en kom doop my met die veë Die dinge van die wêreld is te duur Ek vra jou hoe die wêreld sommer net so stil gaan staan? Deur al ons planne en ons drome om oorsee te gaan Te gaan handel en te reis en dalk die wêreld te verken Die bepaling van die tyd het ons gewen Dis nie kennis wat jy kan kry in 'n boek nie Dis nie data wat jy jare lank voor swot Dis die reëls van die natuur opgeskrywe teen die muur Van elke hart wat daarin glo en dit wil vat As jy sing kan ek glo Daar's iemand daarbo As jy sing kan ek glo Daar's iemand daarbo Dis nie kennis wat jy kan kry in 'n boek nie Dis nie data wat jy jare lank voor swot Dis die reëls van die natuur opgeskrywe teen die muur Van elke hart wat daarin glo en dit wil vat As jy sing kan ek glo Daar's iemand daar bo As jy sing kan ek glo Daar's iemand daar bo
Writer(s): Robbie Wessels Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out