Music Video

Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Marica Barnard
Marica Barnard
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Marica Barnard
Marica Barnard
Songwriter

Lyrics

Daar's 'n huis op 'n plaas met 'n boom voor die deur Ek onthou nog die helder wit blomme se geur En die pad van klippies wat jou verlei Om die draai en by die voordeur verby Ek onthou nog hoe kraak die kombuisdeur skarnier En die reuk van die brood in die koolstoof se vuur Die plankvloer se kreun as jou voete daar val Dan jou lyne geëts teen die muur Maar dit is die derde winter van koudkry Die derde winter alleen Die derde winter van ys in my hare Die derde winter vervreem Van 'n huis en kombuis en die tafel se grein En die ligte wat sorg dat die donker verdwyn Maar my vingers te koud Om die rafels te hou Ek probeer nog, probeer te onthou Van die huis en die plaas... Die boom, nou verdor Sy blomme verwelk op die grond Die klippe wat sny as my voete daar trap En ons drome verskroei in die son Want dit is die derde winter van koudkry Die derde winter alleen Die derde winter van ys in my hare Die derde winter vervreem Van die huis en kombuis en die tafel se grein En die ligte wat sorg dat die donker verdwyn Maar my vingers te koud om die rafels te hou Ek vergeet nou alles van jou Daar's nou 'n huis teen 'n berg met 'n boom voor die deur Die wind maak musiek en waai bloekom se geur Al die deure staan oop vir die mense wat kom Om te staan by die koolstoof se vuur Verby is die derde winter van koudkry Die derde winter alleen Die derde winter van ys in my hare Die derde winter vervreem Want ek het 'n huis en kombuis en 'n tafel se grein My ligte wat sorg dat die donker verdwyn Daar's nou vingers wat help om die rafels te weef En 'n nuwe tapyt begin leef
Writer(s): Marica Barnard Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out