Music Video

Marica Stofpaaie
Watch {trackName} music video by {artistName}

Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Marica Barnard
Marica Barnard
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Marica Barnard
Marica Barnard
Songwriter

Lyrics

Ek het paaie al verby geloop Terwyl ek worstel met my tas Draaie op 'n kaart gestap Waar reguit paaie was Ek het kraters deur my hart gekry En leemtes in my lyf Plooie oor my siel met leef se pen geskryf Want ek soek jou waar jy dans met jou kitaar En wonder hoeveel reën gaan val die somer Ek soek jou waar jy dans met jou kitaar Want ek dink dit is die rusplek vir 'n dromer Ek bly soek na die plekke Waar ek nog heen wil gaan Maar opgeroeste bordjies Wys vir die rigting aan So tot ek daardie stofpad kry Wat by jou voordeur stop Los ek net 'n poskaart Met my hart se woorde op Want ek soek jou waar jy dans met jou kitaar En wonder hoeveel reën gaan val die somer Ek soek jou waar jy dans met jou kitaar Want ek dink dit is die rusplek vir 'n dromer Die lewe loop sy draaie Bou mure om my hart Moeg tot in die hoeke van my siel Maar by die laaste kans se laaste draai By Waaipoort verby Skielik, soos Karoo se reën staan jy En daar sien ek jou dans met jou kitaar En jy wonder hoeveel reën gaan val die somer Ek kry jou waar jy dans met jou kitaar En ek weet dit is die rusplek vir 'n dromer En daar sien ek jou dans met jou kitaar En jy wonder hoeveel reën gaan val die somer Ek kry jou waar jy dans met jou kitaar En ek weet dit is die rusplek vir 'n dromer
Writer(s): Marica Barnard Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out