album cover
Werner
3,573
Adult Contemporary
Werner was released on April 29, 2017 by WM South Africa as a part of the album Die Brug
album cover
Release DateApril 29, 2017
LabelWM South Africa
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy
BPM95

Credits

PERFORMING ARTISTS
Elvis Blue
Elvis Blue
Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Elvis Blue
Elvis Blue
Composer, Lyrics
PRODUCTION & ENGINEERING
Elvis Blue
Elvis Blue
Producer

Lyrics

[Verse 1]
In die Heksrivier vallei
Het my vriend Werner gebly
Tussen berge het hy groot geword
As kind het hy nooit niks gekort
[Verse 2]
Eintlik maar 'n swerwer
Wat nooit niks kon vashou
Sou alles gee vir 'n lekker tyd
In die arms van 'n lekker vrou
Hy was maar net daai tipe ou
[Chorus]
Hy was soos 'n laat nag wind
Werner was 'n stoute kind
In sy ma se oë kon jy dit sien
Daai seerkry het sy nooit verdien
[Verse 3]
Die tannie was 'n goeie vrou
Almal het van haar gehou
Maar sy het so gou grys geword
'Cause Werner never loved the Lord
He only cared about his Ford
[Verse 4]
Toe een aand op 'n grys highway
Het Werner met sy Ford gaan ry
Hy't skielik op die pad gegly
En so het hy vlerke gekry
Hy kon net nie by ons bly
[Verse 5]
Die begrafnis het my hart gebreek
Die strate voel vir my so leeg
Frikkadelle en 'n stukkie koek
Dit lyk my al wat mense soek
[Verse 6]
Eendag jare later, ry ek deur die drywe
Dink ek aan al die lywe en al my verkeerde skuiwe
Toe stop ek by die ouetehuis
Daar sit die tannie nog net so grys
Toe druk sy my so teen haar bors
Daai laaitjie het haar als gekos
[Bridge]
Toe druk sy my so teen haar bors
Net 'n ma sal die pyn ken
En ek hou haar vas met als in my
Daar was niks wat ek kon sê
Daar was niks wat ek kon sê
Sê, daar was niks wat ek kon sê
Sê, daar was niks wat ek kon sê
Sê, daar was niks wat ek kon sê
[Chorus]
O hy was soos 'n laat nag wind
Werner was 'n stoute kind
In sy ma se oë kon jy dit sien
Daai seerkry het sy nooit verdien
Hy was soos 'n laat nag wind
Werner was 'n stoute kind
In sy ma se oê kon jy dit sien
Daai seerkry het sy nooit verdien
Written by: Elvis Blue
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...