Music Video

Music Video

Credits

PERFORMING ARTISTS
Spoegwolf
Spoegwolf
Performer
Daniël du Toit
Daniël du Toit
Piano
Albertus van der Merwe
Albertus van der Merwe
Background Vocals
Johan Moskou du Toit
Johan Moskou du Toit
Drums
Christiaan von Wielligh
Christiaan von Wielligh
Piano
COMPOSITION & LYRICS
Daniël du Toit
Daniël du Toit
Songwriter
Albertus van der Merwe
Albertus van der Merwe
Arranger
Johan Moskou du Toit
Johan Moskou du Toit
Composer
Christiaan von Wielligh
Christiaan von Wielligh
Arranger

Lyrics

[Verse 1]
Ek hoor jou soms as ek wakker word
Ek hoor jou dronk skaterlag
Ek het jou aftershave in my boks gehou
Jammer om te sê dit was goedkoop kak
Dit sou beter gewees het om jou hier te hê
Die vyand het ons uitoorlê
Maar ons is nog nie dood nie net opgefok
Dis seker iets wat jy sou sê
[Verse 2]
Al die lang strande
Al die gou-goue jare
Het jy nou bree vlerke
Het jy nog maer hande?
[Verse 3]
Jy was ou bande
Op die pad na someraande
Hulle maak nie meer mans
Soos die man wat moes wees nie
[Verse 4]
Ek het uiteindelik ook ’n kind gekry
Ons het amper na jou vernoem
Vir ’n oomblik lank gedink dis jy
As ’n pa moet ek beter doen
Ek sien jou nog as ek my bril afhaal
Agter diep in die groot skare
Het jy die duiwel toe gaan afbetaal
Die son is vuur in jou hare
[Verse 5]
Op die lang strande
Op die gou-goue jare
Het jy nou breë vlerke
Het jy nog maer hande?
[Verse 6]
Jy was ou bande
Op die pad na someraande
Hulle maak nie meer mans
Soos die man wat jy moes wees nie
Soos die man wat jy moes wees nie
Written by: Albertus van der Merwe, Christiaan von Wielligh, Daniël du Toit, Johan Moskou du Toit
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...