album cover
God
1,155
Pop
God was released on October 27, 2014 by Next Music as a part of the album God - Single
album cover
Release DateOctober 27, 2014
LabelNext Music
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy
BPM80

Music Video

Music Video

Credits

PERFORMING ARTISTS
Bouwer Bosch
Bouwer Bosch
Lead Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Bouwer Bosch
Bouwer Bosch
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
Bouwer Bosch
Bouwer Bosch
Producer

Lyrics

Ek praat nie meer so baie met God nie
En dis nie omdat ek kwaad is nie
Maar meer net omdat ek voel
Ek moet meer begin luister
As jy meer opgewonde raak oor jou kerk
As oor jou God
Sou ek sê daar is 'n probleem
Ateïste tree soos Christene op
En beoordeel almal
Wat nie soos hulle voel of glo nie
Ek weet soms nie wat aangaan nie
En my swaar hart klop moeilik
My siel is die kaptein van hierdie skip
En waar ek nou oor die rowwe see seil
Is dit God se winde wat my koers bepaal
Al mag dit voel of ek sink
Ek vra nie dat jy van my sal hou nie
Maar net dat jy vir 'n oomblik sal luister
Musiek is my alles
Maar alles het al ook gelos met niks
Wat help dit
10 000 mense sing saam by 'n konsert
Maar ek's nie lief vir myself nie
Soms sukkel ek net om myself te wees
Woorde is leë aksies
En ek kry myself dikwels op 'n plek
Waar ek net praat en nie leef nie
Ek glo in liefde wen
Maar ek het ook al baie seer veroorsaak
In baie lewens
Waaroor ek bitter spyt is
God is die pad
Maar soms voel God in die pad
En dis hier by 'n ongelukstoneel
Wat ek my hart met jou deel
Ek luister elke dag
As die skemer Sy naam skree
En ek steel Sy genade
By die oggendson
En dan besef ek
Ek weet nie wat ek soek nie
Maar ek weet darem wie ek is
Ek vertrou nie altyd my hart nie
Ek moet hom dalk minder volg
En ek moet leer om net lief te raak
Vir dit wat lief kan raak vir my
Musiek is net musiek is net musiek
En as dit meer is
Moet jy sagter sit
Of selfs ophou luister
Jy sien
God is nie net goed omdat dit goed gaan nie
God is altyd goed
'n Kind word gebore God is goed
My pa het kanker God bly goed
Jy sien
Ek skryf musiek om te oorleef
Nie finansieel nie, maar emosioneel
En as ons nie alles verloor het
Toe ek 16 jaar oud was nie
En ons nie ingetrek het by 'n ander gesin nie
En die barmhartige Potchefstromer
Nie vir my sy kitaar gegee het nie
Sou ek nooit vir God ontdek het
Op 'n musikale manier nie
Persoonlik dink ek nie
God het baie tyd vir Afrikaanse musiek nie
Maar Hy is baie lief vir dans
Hy dans op my vals note
Oor die vreugde in die wêreld
En Hy dans oor my opregte note
Met trane in Sy oë
Oor al die hartseer
Wat ons aan mekaar bring
My hart is 'n storm op die see
Die golwe gooi hom heen en weer
Maar daar is vrede in die donderstorm
Die weerlig bliksem
Hoe ek God bewonder
Written by: Bouwer Bosch
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...