Music Video

Music Video

Credits

PERFORMING ARTISTS
Glaskas
Glaskas
Performer
Deon Meiring
Deon Meiring
Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Deon Meiring
Deon Meiring
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Deon Meiring
Deon Meiring
Producer

Lyrics

Soms kom die twyfel terug en dan wonder ek wie ek is
En jy het dit mos nooit van my verwag nie
En almal lyk dan so gelukkig, het jy al jouself gevind
Vermy jy net die waarheid of is jy regtig blind?
En dis te maklik om goed te doen wat niks beteken nie
Net om almal tevrede te stel
En dis te maklik vir almal om alles prys te gee
Ter wille van 'n onvervulde self
Wat glimlag vir ander mense en nooit, ooit huil nie
Solank jy net nie in die spieël hoef te kyk nie
Maar ek ervaar hulle is verkeerd om
Hoe hul antwoord op al my vrae, dis hoekom
O, en ek wens ek kon vir jou wys hoe my werklikheid lyk
Maar ek wonder of jy dit sal verstaan
En alles draai presies uit soos wat ek dit nie voorgestel het nie
Ek wens ek kon myself weer vind
Tussen alles wat so onnodig, maar onvermydelik is
Want dis te maklik om goed te doen wat niks beteken nie
Net om jouself te laat geld
En dis te maklik vir almal om hartgebroke voor te kom
Sodat jy ook jou storie kan vertel
Maar ek ervaar hulle is verkeerd om
Hoe hul antwoord op al my vrae, dis hoekom
O, en ek wens ek kon vir jou wys hoe my werklikheid lyk
Maar ek wonder of jy dit sal verstaan
En as daar dalk 'n luisteraar daar buite is
Wat weet wat die antwoord is
En as daar dalk iemand daar buite is wat kan onthou
Wat die vraag is
Bel en sê vir my jy het dit gekry
En as ek nie beskikbaar is nie los 'n raaisel na die sein
Maar ek ervaar hulle is verkeerd om
Hoe hul antwoord op al my vrae, dis hoekom
O, en ek wens ek kon vir jou wys hoe my werklikheid lyk
Maar ek wonder of jy dit sal verstaan
Oe, ek wonder of jy dit sal verstaan
Oe, ek wonder of jy dit sal verstaan
Written by: Deon Meiring
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...