制作
出演艺人
Robbie Wessels
表演者
作曲和作词
Robbie Wessels
作曲
歌词
[Verse 1]
Hannes het gedink hy gaan sy luck probeer
Gewoonlik hang die sleutels by die agterdeur
Hy weet dat hy na nege nie sy girl mag steur
Want haar pa slaap sag en hy laai altyd die haelgeweer
[Verse 2]
Dit was twee uur daardie oggend toe hy haar traai bel
Hy't geweet hy moet dit eerste vir sy girl vertel
As sy die storie moet hoor by haar beste pel
Is dit verby met Hannes Nel
[Chorus]
Asseblief my lief
Sy's nie naastenby so mooi soos jy nie
Asseblief my lief
Ek het regtig nie bedoel om haar te vry nie
Ek weet jy sal my nooit weer vertrou nie
Ek was vir niemand nog so lief soos vir jou nie
Asseblief my lief
[Verse 3]
Dit was drie uur toe Hannes aan haar ruit klop
Sy tjommie Spanner loop en drink nog aan sy loopdop
Hy piepie sirkels op die teer en teen 'n wieldop
Van 'n spietkop wat toevallig langs hom in die pad stop
[Verse 4]
Spanner het vir jare in die tronk gebly
Hy het lanklaas met 'n spietkop op die straat baklei
Toe Hannes kom probeer om hulle stil te kry
Word hy deur 'n vragmotor raakgery
[Chorus]
Asseblief my lief
Sy's nie naastenby so mooi soos jy nie
Asseblief my lief
Ek het regtig nie bedoel om haar te vry nie
Ek weet jy sal my nooit weer vertrou nie
Ek was vir niemand nog so lief soos vir jou nie
Asseblief my lief
[Verse 5]
Die storm het bedaar twee maande later
Hannes is stabiel hy drink net whiskey en water
In die plaaslike koerant sien ons vir Hannes en sy mater
En sy girlfriend word by die dag kwater
[Chorus]
Asseblief my lief
Sy's nie naastenby so mooi soos jy nie
Asseblief my lief
Ek het regtig nie bedoel om haar te vry nie
Ek weet jy sal my nooit weer vertrou nie
Ek was vir niemand nog so lief soos vir jou nie
Asseblief my lief
[Chorus]
Asseblief my lief
Sy's nie naastenby so mooi soos jy nie
Asseblief my lief
Ek het regtig nie bedoel om haar te vry nie
Ek weet jy sal my nooit weer vertrou nie
Ek was vir niemand nog so lief soos vir jou nie
Asseblief my lief
Written by: Robbie Wessels