Lyrics

Ek weet jy wonder soms hoekom dinge moet gebeur En ek weet jy't baie vrae en jou hart is baie seer Ek weet my plek is leeg langs jou, ek sal altyd by jou wees As jy na my verlang, onthou, ek is by jou in die gees My tyd op aarde is verby My lewe is afgemeet En ek weet jy moet agterbly Maar ek sal jou nooit vergeet Ek is nou in die hemel En ek wil nêrens anders wees nie Want hier is ek gelukkig Hier kry ek nooit meer seer nie Ek is nou in die hemel En my hart is daar by jou Nou is ek die engel wat sy vlerke om jou hou Ek sien jou trane elke dag, ek wens ek kon dit afdroog Ek wil nie hê jy moet huil nie want kyk, ek is daar in die reënboog Hier sal ek altyd wag vir jou, hier in ons hemelhuis Ek hoop jy volg die regte pad, tot hier by die kruis My tyd op aarde is verby My lewe is afgemeet En ek weet jy moet agterbly Maar ek sal jou nooit vergeet Ek is nou in die hemel En ek wil nêrens anders wees nie Want hier is ek gelukkig Hier kry ek nooit meer seer nie Ek is nou in die hemel En my hart is daar by jou Nou is ek die engel wat sy vlerke om jou hou Nou is ek die engel wat sy vlerke om jou hou
Writer(s): Du Plessis Nianell Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out