album cover
Selfde Bed
6,747
Afrikaans
Selfde Bed was released on October 18, 2017 by WM South Africa as a part of the album Jy Sal Weet
album cover
Release DateOctober 18, 2017
LabelWM South Africa
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy
BPM89

Credits

PERFORMING ARTISTS
Riana Nel
Riana Nel
Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Riana Nel
Riana Nel
Composer
Ewald Coleske
Ewald Coleske
Composer

Lyrics

Is daar 'n rede goed genoeg
Om jou net hier te los
As ek die wêreld sou verower
Sou dit ons alles kos
En is die rand en sent die moeite werd
Vir jou soene deur die bos
Nee ek weet nie meer
Nee ek weet nie meer
En ek sien hoe al die jare
Tussen ons kom lê
'n Bietjie meer in die bank
Maar wat het ons belê
As die verlange wat ek voel vanaand
My nie terug na jou toe bring
Weet ek nie meer
Nee ek weet nie meer
Want ek sien al jou trane, gebede en pyn
Dis net God se genade wat ons hierdeur lei
En al lê ons nie meer in dieselfde bed
Ek bly lief vir jou ek bly lief vir jou
Het die tyd ons uit gewoonte
Nou verby gesteek
En nou sit ons op ons eie
Weer opgeskeep
Maar daar's reëls en regulasies
Waar jy is vanaand
En ek weet nie meer
Nee ek weet nie meer
Jy vergeet die woorde
Wat gesê is tussen ons
Ek probeer jou te herinner
Maar dit is tyd gemors
En die ouderdom het jou kom haal
Maar dis beter waar jy is
En ek sal onthou
Ja ek sal onthou
Want ek sien al jou trane, gebede en pyn
Dis net God se genade wat ons hier deur lei
En al lê ons nie meer in dieselfde bed
Ek bly lief vir jou ek bly lief vir jou
Want ek sien al jou trane, gebede en pyn
Dis net God se genade wat ons hier deur lei
En al lê ons nie meer in dieselfde bed
Ek bly lief vir jou ek bly lief vir jou
As jy in die lewe voor 'n keuse staan
Volg jou hart
En dis die dinge van die wêreld
Wat hul harte praat
As jy weer in jou lewe voor 'n keuse staan
Volg jou hart
Gee die liefde weer 'n rede
Want ek sien al jou trane, gebede en pyn
Dis net God se genade wat ons hier deur lei
En al lê ons nie meer in dieselfde bed
Ek bly lief vir jou ek bly lief vir jou
En sien al jou trane, gebede en pyn
Dis net God se genade wat ons hier deur lei
En al lê ons nie meer in dieselfde bed
Ek bly lief vir jou ek bly lief vir jou
Ek bly lief vir jou
Written by: Ewald Coleske, Riana Nel
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...