Lyrics

As niemand van jou hoor nie; As niemand van jou weet nie, Kan jy tog niks verloor nie-- Kan niemand jou vergeet nie. As niemand jou bemin nie; As niemand jou ooit raak nie, Kan niemand trou versin nie-- Kan niemand jou versaak nie. Dis tog so eenvoudig: Dis jy, alleenlik jy; En die groter sorge gaan vanself verby. Niks om te verhaal nie; Net die vrede bly; Niks om te betaal nie-- En skielik is jy vry. As jy op niemand leun nie En niks van iemand vra nie, Hoef niemand jou te steun nie; Hoef niemand jou te dra nie. Dis tog so eenvoudig: Disjy, alleenlik jy; En die groter sorge gaan vanself verby. Niks om te verhaal nie; Net die vrede bly; Niks om te betaal nie-- En skielik is jy vry Dis tog so eenvoudig: Dis jy, alleenlik jy; En die groter sorge gaan vanself verby. Niks om te verhaal nie; Net die vrede bly; Niks om te betaal nie-- En skielik is jy vry.
Writer(s): Koos Plessis Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out