album cover
Diere Medley
435
Afrikaans
Diere Medley was released on June 28, 2019 by Select Musiek as a part of the album Krone 6
album cover
AlbumKrone 6
Release DateJune 28, 2019
LabelSelect Musiek
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy

Music Video

Music Video

Credits

PERFORMING ARTISTS
Refentse
Refentse
Performer
Snotkop
Snotkop
Performer
Ricus Nel
Ricus Nel
Performer
Robbie
Robbie
Performer
Dirk Van Der Westhuizen
Dirk Van Der Westhuizen
Performer
Dirk van Niekerk
Dirk van Niekerk
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Dirk van Niekerk
Dirk van Niekerk
Composer, Arranger
PRODUCTION & ENGINEERING
Dirk van Niekerk
Dirk van Niekerk
Producer
Sean Butler
Sean Butler
Producer

Lyrics

[Chorus]
Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei, aham
Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei, aham
Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei maar 'n opsitkers kon hy nêrens kry
Aham, aham, aham

[Verse 1]
O tingelingeling die padda spring, hy spring in die water in
O tingelingeling hy's in, hy's in, hy's binne in die water in
O tingelingeling die padda spring, hy spring in die water in
O tingelingeling hy's in, hy's in, hy's binne in die water in
[Verse 2]
'n Vlooi is 'n ding wat byt, wat byt, 'n vlooi is 'n ding wat byt
Hy byt aan jou kuit en jou oë val uit, 'n vlooi is 'n ding wat byt
'n Hen is 'n ding wat lê, wat lê, 'n hen is 'n ding wat lê
Sy lê en sy lê het die hane gesê, 'n hen is 'n ding wat lê
[Verse 3]
O tingelingeling die padda spring, hy spring in die water in
O tingelingeling hy's in, hy's in, hy's binne in die water in
Hy's binne in die water in
Hy's binne in die water in
[Verse 4]
O die donkie, ja die donkie, die donkie is 'n wonderlike ding
Hy staan en hik met sy kop in 'n mik, die donkie is 'n wonderlike ding
[Verse 5]
O die donkie, ja die donkie, die donkie is 'n wonderlike ding
Hy rol in die sand en hy vreet koerant, ja die donkie is 'n wonderlike ding
Hy rol in die sand en hy vreet koerant, ja die donkie is 'n wonderlike ding
[Verse 6]
Hey, hey
[Verse 7]
Jou bruinoog nooi, dou donkerkop
Jou pannekoek, jou lolliepop
Jou toetsie-toet, jou sonnestraal
Vir jou kom ek nog haal
[Verse 8]
Jou suikerriet, jou witbeskuit
Jou meebosstroop, jou moskonfyt
Jou heuningnes, jou vleispastei
Vir jou wil ek nog kry
[Chorus]
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
En wat het van jou stertjie geword?
[Chorus]
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
En wat het van jou stertjie geword?
[Verse 9]
Die olifant, die olifant
Met pote so groot en plat
Die olifant, die olifant
Hy swaai-swaai so lomp oor die pad
[Verse 10]
Hy wil iemand nooi na die olifantbal
Want jy weet olifant is vir dans te mal
Die seekoei sê nee man
Ek is mos verloof aan die seekoei daar doer in die kloof
[Verse 11]
Die olifant, die olifant
Het dadelik vir klein muis gevra
Die olifant, die olifant
Is bly want die klein muis sê ja
[Verse 12]
Die aand kom die paartjie so aangestap
Hul dans baie mooi sonder tone te trap
So fraai het die tweetjies gewals oor die vloer
Oh die sterre gaan stap en die sonnetjie loer
[Verse 13]
O ek het 'n perd, 'n blinkvosperd met 'n splinternuwe saal
En ek klim op my perd, my blinkvosperd, en ek kom om jou te haal
Want jy't gesê as ek jou wil hê dan moet ek jou kom haal
Op 'n mooi ryperd, my blinkvosperd met 'n splinternuwe saal
[Verse 14]

[Verse 15]
Langs 'n groen doringboom sit 'n kêrel en droom
Sy gedagtes hoog in die takke
En hy droom van 'n plaas sonder 'n enkele baas
Waar 'n man werk hande in die sakke
[Verse 16]
En hy droom van 'n land waar die branders brand
En die trekkers trek tesame
En 'n brandewyndam waar die lammers lam
En die ministers minis vir die vale
[Verse 17]
Die gezoem van die bye en die lekker turksvye
Die soda spuitfonteine
Waar die springbokke spring, en die blesbokke bles, en die boerbokke boer in die berge
[Verse 18]
Die gebrom van die brommers op die vrot komkommers
In die dam daar ver op die takke
Waar die akkedisse ak, en die kakkerlakke lak, en die bobbejane bob in die berge
Written by: D.van Niekerk
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...