Credits
PERFORMING ARTISTS
Zaan Sonnekus
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Zaan Sonnekus
Songwriter
Lyrics
Vertel my weer die storie
Wat ek altyd wou hoor
Geskeurde bors en blaaie
Ek het my kop verloor
Vertel my nou die waarheid
Sal tyd ooit regtig leer?
Want in my boek se blaaie
Skryf ek oor al my seer
Oor sewe jaar sal ek nooit die dag vergeet nie
Die dae word afgetel
Haar naam is meer werd as my laaste skare
Haar storie is vertel
Die woorde brand soos hel
Die woorde brand soos
Die woorde brand soos hel
Vertel my hoe dit sin maak
Regverdig dit my skuld
Na twintig jaar 'n skare
Maar ek het jou verloor
Vertel my ook hoe jy voel
As jou geheue verdwaal
Verlaat haar deur sy asem
Ek sal die skuld betaal
Oor sewe jaar sal ek nooit die dag vergeet nie
Haar oë het my vertel
Haar naam is meer werd as my laaste skare
Haar storie is vertel
Die woorde brand soos hel
Die woorde brand soos, soos hel
Die woorde brand soos hel
Die woorde brand soos hel
Die woorde brand
Die woorde brand soos hel
Die woorde brand so
Written by: Cezaan Sonnekus

