Lyrics

Ek het 'n droom gehad Daar was 'n oop kis gewees Hartseer in die atmosfeer En toe ek deur die stil gesigte beweeg En in die kis in kyk Het ek ontdek dis ek En ek staan Ek wonder wat my lewe sê Ek wonder hoe my storie lees na ek weg is Wat ek agter gelos het Toe ek my oë oopmaak Was alles weer soos dit is Maar iets was anders in my Uit die stof het ons opgestaan In stof sal ons weer gaan lê Hierdie is jou tweede kans Oh, Oh, Oh, Hierdie is jou tweede kans En ek staan Ek wonder wat my lewe sê Ek wonder hoe my storie sal lees na ek weg is Wat ek agter sal los En vandag Het ek besluit dat ek wil leef Het ek besluit dat op die pad na my einde Sal ek 'n hand wees vir die een wat geval het Tot die asem uit my longe uit kwyn Tot my vlees hier in die aarde verdwyn Sal ek hardloop vir die lig To die ewigheid my kom haal En ek staan Wonder wat jou lewe sê Wonder hoe jou storie sal lees na jy weg is Wat jy agter sal los
Writer(s): Lenderd Barend Johannes Muller, Jattie De Beer Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out