album cover
Bellevlei
5,135
Alternative
Bellevlei was released on February 14, 2021 by Spoegwolf (Pty) Ltd. as a part of the album Groen
album cover
AlbumGroen
Release DateFebruary 14, 2021
LabelSpoegwolf (Pty) Ltd.
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy
BPM123

Lyrics

[Verse 1]
Jy's my vakansie sonder see
In die skadu, my laatoggend-tee
Jou vir die ewige lewe te ruil
Lief, is die antwoord nee?
Lief, is die antwoord nee?
[Verse 2]
Om jou so in jou huis te sien
Is om die toekoms te voel, is om die Here te dien
Jy hang jou klere soos ou stories op
Al jou honde kom kyk, vertel my dit was klein
[PreChorus]
Was dit klein?
As ek so naby aan jou staan, kan ek dit voel
Jou lank terug, jou nou en jou eendag
In 'n piksoen terwyl jy dit wegpak
[Chorus]
Bellevlei, is daar iets van my hier begrawe?
Ek weet ek's nou nader aan my rus
Bellevlei, is daar iets van my hier begrawe?
Ek weet ek's nou nader aan my rus
[Verse 3]
Wat my die seerste maak word krag
Ek hoor die sterkste hart is sagter
En braaf genoeg om te breek
Ek hardloop deur hierdie miltsteek met 'n naam
[PreChorus]
Is dit klein?
As jy so naby aan my staan kan ek dit voel
My lank-terug, soos klere, is pikswart
Ek glimlag, maar as ons wegpak
[Chorus]
Bellevlei, is daar iets van my hier begrawe?
Ek weet ek's nou nader aan my rus
Bellevlei, is daar iets van my hier begrawe?
Ek weet ek's nou nader aan my rus
Written by: Daniel Stephanus Rudolph Du Toit
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...