Lyrics

'N Man stap deur die strate Jy kan sien hy's van die stad Hy dra 'n donkerbril en Calvin Klein En sy baard is kort en glad Hy dink: hoekom is ek terug? Vir wat is ek op soek? Was hier nie 'n klein kafeetjie nie Net hier op die hoek En waar is die Scala bioskoop Het hulle dit gesloop Die sinagoge was in die gebou Waar jy jou meubels koop Die jode't almal weggetrek Die ou mense is dood En die laaities sit nou sonder werk Hul voete in die sloot Wat maak ek in die dorpie Hier kan ek nie bly nie Ek bly in Toronto maar Toronto's nie vir my nie Die somers is bedompig En die winters is te koud En jou hele lewe hardloop jy En eendag, eendag, eendag Eendag is jy oud Hy stap by die Pandora in Bestel koffie en tjoklitkoek Hy dink: Hier't ek eers vir Elvis gehoor Op 'n jukebox in die hoek En tussen verlepte varings Staan 'n tenk vol goue vissies En die vrou agter die toonbank Sy dink haar naam is missies Wat maak ek in die dorpie Hier kan ek nie bly nie Ek bly in Toronto maar Toronto's nie vir my nie Die somers is bedompig En die winters is te koud En jou hele lewe hardloop jy En eendag, eendag, eendag Eendag is jy oud Hy stap by die Hoogstraat af Tot by die Central Hotel En hy luister na die prediker Wat met sy bybel skree en skel Hy sê die duiwel het ons beet En hy lei ons om die bos Hy dink: Wanneer gaan die spoke Van die ou dae ons los? Wat maak ek in die dorpie Hier kan ek nie bly nie Ek bly in Toronto maar Toronto's nie vir my nie Die somers is bedompig En die winters is te koud En jou hele lewe hardloop jy En eendag, eendag, eendag Eendag is jy oud Die hek is nog dieselfde Maar die stoep is 'n ander kleur Hy stap oor die Krazy Paving En klop liggies aan die deur 'N Mooi jong vrou maak effens oop Sy sê: Kan ek help meneer? Hy sê: Jammer maar ek is 'n vreemdeling En my hart is in twee geskeur Hy sê: Jammer maar ek is 'n vreemdeling En my hart is in twee geskeur
Writer(s): David Kramer Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out