Lyrics

Ek ken 'n ou ou liedjie Van lewenswel en wee Van lank-vergane skepe in Die kelders van die see Die woorde is vergete En tog, die deuntjie draal Soos vaag-bekende grepies in 'N Baie ou verhaal Van swerwers sonder rigting Van soekers wat nooit vind En eindelik was almal maar Net kinders van die wind Gesigte, drome, name Is deur die wind verwaai En waarheen daardie woorde is Sou net 'n kind kon raai Swerwers sonder rigting Soekers wat nooit vind En eindelik was almal maar Net kinders van die wind Swerwers sonder rigting Soekers wat nooit vind En eindelik was almal maar Net kinders van die wind En eindelik was almal maar Net kinders van die wind Net kinders van die wind Net kinders van die wind
Writer(s): Chris Torr Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out