Lyrics

Jy't gesê ons liefde sal bly staan Al tuimel al die berge in die oseaan Doen vir my 'n gunsie voor jy gaan Gooi vir my 'n klippie 'N Klippie in die oseaan Wie sal ooit die liefde kan verstaan? Nader as 'n hartklop, verder as die maan Daar is 'n tyd van kom, en 'n tyd van gaan Dit het ek gelees maar Hoe sal ek dit ooit verstaan? En kyk hoe sak die sekelmaan In die stille oseaan Stille waters diepe grond Onder draai die duiwel Onder draai die duiwel rond Miskien is liefde net 'n fantasie Dis nie alles maanskyn en rose nie Jy was vir 'n rukkie aan my sy Was jy net 'n bietjie Net 'n bietjie lief vir my? Miskien is daar 'n plek vir ons twee saam Anderkant die berge van die maan En as die maan weer opkom sal ek onthou Ek was vir 'n rukkie Ook 'n bietjie lief vir jou Ek was vir 'n rukkie Ook 'n bietjie lief vir jou
Writer(s): Christopher Norton Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out