Lyrics

Uit met die oud, in met die nuwe Bring 'n vars vers, herskryf die argiewe Ons is hier soos sterre op 'n donkermaan Die verligtes sing die antwoorde die nag in Weet jy hoe dit voel om werklik vry te wees Die klou aan die bekende hou jou terug van wat kan wees Jy moet laat gaan Jy slaap in die vuur Word wakker en stop En maak die sirkel groter Die vrygelatenes is oogklaploos Vrygelatenes se hand is uit vir die volgers en die voos Gryp 'n fakkel by die kantlynkinders Dromers lig die vlam, revolusie beginners Daar was kerse en mense Geselse sonder grense Breek die wêreld lense Jy en al jou wense Ons is die vrygelatenes (Ons is die) Vrygelatenes Bring dit terug Spring weg met die 1 - 2 - 1 - 2 Drie Vier vanaand saam Ons spoeg drome na die wolke Stuur dit weg in lugbalonne Skyn heilig met 'n reënboog kleur Jy kan nie meer so leef nie, maar jy kan ook nie verander nie Fokus op die vryhyeid wat almal so begeer Die lewe, die liefde, jou waarheid, jou vrede Vrygelatenes is skaamteloos Vrygelatenes se hand is uit, ons is geraamteloos Gryp 'n fakkel by die kantlynkinders Dromers lig die vlam, revolusie beginner Gooi jou geld in die vuur Verf jou drome teen die muur Jy wag te lank al hier Hou op jou siel verhuur Ons is die Vrygelatenes (Ons is die) Vrygelatenes (Kom saam) Kom saam na waar die tyd stilstaan (Kom saam) Vanaand gaan die tyd stilstaan (Kom saam) Ons is hier waar die tyd stilstaan (revolusie beginner) (Kom saam) Kom saam na waar die tyd stilstaan (Kom saam) Vanaand gaan die tyd stilstaan (Kom saam) Ons is hier waar die tyd stilstaan (Hou op jou mure hoër bou en maak jou tafel langer) Daar was kerse en mense Geselse sonder grense Breek die wêreld lense Jy en al jou wense Ons is die vrygelatenes (Ons is die) Vrygelatenes
Writer(s): Esté Rabé, Lourens Johannes Rabé Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out