album cover
Sonvanger
album cover
Sonvanger was released on April 9, 2001 by EMI South Africa as a part of the album Vreemde Stad
April 9, 2001
LabelEMI South Africa
BPM104
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy

Music Video

Music Video

Lyrics

Kyk of jy vir my die son kan vang
Daar is ‘n kamer in die huis waar ons die son kan hang
Dis donker by die venster in die middel van die dag
Onthou jy nog hoe helder die kamer kon lag
Kyk of jy vir my die son kan bring
Daar is ‘n liedjie in die gange waar die son kan sing
Want dis stil in die hoeke hierdie koue seisoen
Kan jy sien wat die wind en die reën aan my doen
Sonvanger
Ek vra jou mooi
Laat hom weer vir my kom skyn
Sonvanger
Laat my verstaan hoe ‘n somer sommer so
In die niet kan verdwyn
En laat hom skyn
Kyk of jy vir my die son kan kry
Daar’s ‘n huisie in my hart waar die son kan bly
Kyk of jy vir my die son kan steel
Daar’s ‘n plekkie in die tuin waar die son kan speel
Mmh mmh mmh
Mmh mmh, mmh mmh
Mmh mmh mmh
Mmh mmh, mmh mmh
Sonvanger
Ek vra jou mooi
Laat hom weer vir my kom skyn
Sonvanger
Laat my verstaan hoe ‘n somer sommer so
In die niet kan verdwyn
En laat hom skyn
Bring 'n bietjie lug vir die draaie op my pad
En 'n handjie vol strale vir die donker in my hart
Sonvanger
Ek vra jou mooi
Laat hom weer vir my kom skyn
Sonvanger
Laat my verstaan hoe ‘n somer sommer so
In die niet kan verdwyn
En laat hom skyn
Sonvanger
Written by: Valiant Swart
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...