album cover
Wintersop
album cover
Wintersop was released on February 7, 2014 by Select Musiek as a part of the album Man Van Stof
ReleasedFebruary 7, 2014
LabelSelect Musiek
BPM
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy

Lyrics

Daar's 'n stukkie van jou
Wat ek wil hou
Dis die reuk van jou lyf
Wat aan my beddegoed klou
Met jou wintersop
In ouma se pot
Hoe jy vir my lag
As ek die WP spot
En die ketel op die stoof
Wat heeldag kook
Ruik na koffie moer
En 'n sigaret rook
Jy pers jou blomme
In my Bybel
En jy sê jy's lief vir my
Maar ek mis jou wintersop
In ouma se pot
Jy pers jou blomme
In my Bybel
En jy sê jy's lief vir my
Maar ek mis jou wintersop
In ouma se pot
Oe ek mis jou wintersop
In ouma se pot
Maar ek mis jou wintersop
In ouma se pot
Jou ruite lê
Spierwit gesneeu
En oupa klok tiek
Uit die vorige eeu
En in 'n foto raam
Sien ek jou familie staan
By 'n vakansie oord
Naby Aliwal-Noord
En die hond op die mat
Is ons steekhaar brak
Vlieg 'n by in die huis
Jy sê dis lady luck
Jy pers jou blomme
In my Bybel
En jy sê jy's lief vir my
Maar ek mis jou wintersop
In ouma se pot
Maar ek mis jou wintersop
In ouma se pot
Jy pers jou blomme
In my Bybel
En jy sê jy's lief vir my
Maar ek mis jou wintersop
In ouma se pot
Maar ek mis jou wintersop
In 'n driepoot pot
Written by: Adam Tas
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...