Music Video
Music Video
Credits
PERFORMING ARTISTS
Zak Van Niekerk
Lead Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Ben Beukes
Songwriter
Lyrics
Ou mooi Wilhelmina van oom lekkerstasie is my ou meisiekind, my ou troetel hasie
Sy draai in haar rokkies met 'n enkelring
En het voor in die koor in die kerk gesing
Ek vang 'n geelvis in die Vaaldam
Ek sien 'n bosluis op die bokram
Daar's 'n vyeboom in my agterplasie
En die brandewyn staan in my tande glasie
Ja, ek kyk elke dag hoe die beeste wei
En ek kla maar so oor die boerdery
Al moet ek sweet en so bitter ly, my plaas se naam is Lekkerkry
Ek braai 'n vleisie op die kole
En my skoene kort nuwe sole
Ek drink witblits daar van Bopertal
En dit laat my sommer uit my voete val
Daar's 'n geelslang in die voetpaadjie
En 'n vetkol op my sportsbaadjie
Ek verstik aan 'n vis graatjie
En die plaas toilet het 'n loer gaatjie
Ja, ek kyk elke dag hoe die beeste wei
En ek kla maar so oor die boerdery
Al moet ek sweet en so bitter ly, my plaas se naam is Lekkerkry
Ons ry dorp toe met die spider
En drink 'n boegoe met cider
En net so duskant die ou spruitjie
Speel ek 'n grand river valley op my bek fluitjie
Om 'n stasie word en tagtig
En Wilhelmina lyk so pragtig
Ons doen die fokstrot op die voorstoep
Op die sakkie sakkie maat van 'n boepens tune
Ja, ek kyk elke dag hoe die beeste wei
En ek kla maar so oor die boerdery
Al moet ek sweet en so bitter ly, my plaas se naam bly Lekkerkry
Written by: Ben Beukes