積分
演出藝人
Juan Boucher
演出者
詞曲
Juan Boucher
詞曲創作
製作與工程團隊
Dirk van Niekerk
製作人
歌詞
[Verse 1]
Daars 'n kans dat elke woord soos 'n baksteen vir jou pas
En myne dra nie water nie en my klere wou jy was
Jou sole was al deur geloop na die bus stop toe en terug
Jy's bang jy los jou briewe vir die skirke by die burg
[Verse 2]
En nou as ek net asem haal, kry jy wasem in jou oë
Jou gesig en myne raak mekaar, jy's die wind in my karoo
Jou hande was al deur gewerk, maar jou soene soet soos stroop
Jy sê jy soek nie 'n ring nie, ek kan dit later vir jou koop
[PreChorus]
En nou begin my lewe eers en die bus het reeds vertrek
Jy't geweet ek wil hier agter bly, want jy't weet jy maak my gek
Gesê jy gaan jou arms in die winter om my hou
Want die bus het geen beloftes nie, belowe ek vir jou
Die aker bome fluister, buig jou takke vir die herfs
Bewustelose vrede het ek liefde by die laaste stop ontdek
[Chorus]
Ek was tevrede toe die bus my los
Ek was tevrede toe die bus my los
[Verse 3]
Stere maak my alleen voel toe ek daar staan en wag
Die swerwer in die wêreld wat saam wolwe loop en jag
En as ek dit nie verwag nie, is jy agter op my rug
Ek wou nie vir jou nie wys nie maar toe glimlag my gesig
[Verse 4]
En nou as ek my roete vind dan loop ek tot by jou
Die bus het my net hier gelos om alles te onthou
Die jare het my deur gewerk om goed van kwaad te wees
Dierbaar is die siele rond om jou en my planeet
[PreChorus]
En nou begin my lewe eers en die bus het reeds vertrek
Jy't geweet ek wil hier agter bly, want jy't weet jy maak my gek
Gesê jy gaan jou arms in die winter om my hou
Want die bus het geen beloftes nie, belowe ek vir jou
Die aker bome fluister buig jou takke vir die herfs
Bewustelose vrede, het ek liefde by die laaste stop ontdek
[Chorus]
Ek was tevrede toe die bus my los
Ek was tevrede toe die bus my los
Ek was tevrede toe die bus my los
Ek was tevrede toe die bus my los
[Bridge]
Ek was tevrede toe die bus my los
Ek was tevrede toe die bus my los vir jou
Tevrede toe die bus my los
Ek was tevrede toe die bus my los vir jou
Tevrede toe die bus my los vir jou
[Outro]
Ek was tevrede toe die bus my los vir jou
Tevrede toe die bus my los vir jou
Written by: Juan Boucher