Lyrics

Met soveel wat in die lug bly hang Is dit genoeg om te weet dat jy ook hier staan Daar is kere wat ek net soos die wind wil wees Jy noem my die idees die oggendson En jou woorde word die gloed in 'n lugballon Sal ons paaie tussen wolke wees? Jy is genoeg, jy is genoeg Jy is genoeg sonder dat jy te hard probeer Jy is genoeg omdat jy van jouself bly gee Ja ons paaie sal tussen wolke wees Hoor my fluister, hoor my roep Want dit is ek wat jou uit die lug begroet Daar is tye wat ons twee saam die wind kan wees In die hemelruim teen die gewelf Lê die drome en beelde van jouself Hoe kan ons spore tussen sterre los? Jy is genoeg, jy is genoeg Jy is genoeg sonder dat jy te hard probeer Jy is genoeg omdat jy van jouself bly gee Oor die velde heen, vanuit die dieptes van die see Van ooral oor, en vanuit jou, voordat tyd begin en nou Jy is genoeg Jy is genoeg, jy is genoeg Jy is genoeg sonder dat jy te hard probeer Jy is genoeg omdat jy van jouself bly gee Ja ons paaie sal tussen wolke wees
Writer(s): De Villiers Jacques, Jordaan Anique, Muller Lenderd Barend, Groop Leon Herman Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out