Music Video

Credits

PERFORMING ARTISTS
Robbie Wessels
Robbie Wessels
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Robbie Wessels
Robbie Wessels
Songwriter

Lyrics

Als Wat Ek Het Lirieke (Eerste Vers) Sy het nie baie geld nie Sy probeer nie die weer te voorspel nie Sy sien nie altyd hoop nie Sy ken nie die reëls van die spel nie (Tweede Vers) Die vreugde wat sy het Kom nie van hier nie Nie gebonde aan heinings Karre geld en plesier nie As jy haar sou vra, sou sy sê (Koor) Als wat ek het Kom nie van hier nie Is ook nie te duur nie Kan ek nie koop met geld Als wat ek is Kom nie van my nie Het ek nie voor gewerk nie Als wat ek is, is verniet Is verniet (Derde Vers) As die storms om haar woed As die reën en die stof teen haar vaswaai As die donderweer haar groet En die winde haar huisie wil omwaai (Vierde vers) Dan weet sy haar skuiling Lê nie tussen mure Die blitse kan slaan Die hael kan val maar vir ure En as jy haar sou vra, sou sy sê (Koor) Als wat ek het Kom nie van hier nie Is ook nie te duur nie Kan ek nie koop met geld Als wat ek is Kom nie van my nie Het ek nie voor gewerk nie Als wat ek is, is verniet (Brug) As die vyeboom nie bot nie En die wingerd nie dra nie Sal ek nog steeds bly hoop As die beeskrale leeg staan Die olyfboom nie bloei nie Sal ek nog steeds bly glo (Koor) Als wat ek het Kom nie van hier nie Is ook nie te duur nie Kan ek nie koop met geld Als wat ek is Kom nie van my nie Het ek nie voor gewerk nie Als wat ek is, is verniet Als wat ek is, is verniet Is verniet
Writer(s): Robbie Wessels Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out