Lyrics

'N Skraal wind waai oor Ngunie bosse, op die pad buite Uniondale En elke Paasnaweek staan die Spookmeisie daar, as die herfswind hoeka al huil En met haar lang swart hare, Onder sekelmaan, tuur sy oor die vlaktes, haai En haar klere blink spookagtig saam, Met haar duim vra om haar op te laai En die Kammanassieberg spook geil as hy klippe bergaf rol En die spookmeisie, van Uniondale, wat duimry en droewig sing: "Blommetjie, gedenk aan my" en sy lig haar duim na bo "Blommetjie gedenk aan my" sing die spook van die Klein-Karoo "Blommetjie gedenk aan my" en sy lug haar duim na bo "Blommetjie gedenk aan my" sing die spook van die Klein-Karoo ... Die reisigers verby Uniondale het haar dikwels opgelaai En verder aan so, uit die niet, verdwyn sy in die wind wat waai So as jy saans in die langpad dwaal oor die Pase, middernag Pasop vir die spook van die Klein-Karoo, tensy jy gaan spoke jag En die Kammanassieberg spook geil as hy klippe bergaf rol En die spookmeisie van Uniondale wat duimry en droewig sing "Blommetjie, gedenk aan my" en sy lig haar duim na bo "Blommetjie gedenk aan my" sing die spook van die Klein-Karoo "Blommetjie gedenk aan my" en sy lug haar duim na bo "Blommetjie gedenk aan my" sing die spook van die Klein-Karoo "Blommetjie gedenk aan my" sing die spook van die Klein-Karoo "Blommetjie gedenk aan my" sing die spook van die Klein-Karoo.
Writer(s): Anton Goosen Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out